1Die Here het met Moses gepraat in die Sinai-woestyn in die tent waar die Here aan die Israeliete #1:1 verskyn: Wanneer die Here aan mense verskyn, dan kom Hy na hulle toe en praat met hulle of doen iets vir hulleverskyn het. Dit was op die eerste dag van die tweede maand nadat die Israeliete uit Egipte gekom het. Die Here het gesê: